Mini Cart

  • No item in your cart

Subtotal: R 0.00

View Cart Checkout

Voed jou vel met Granaatolie deur Annemie Bernardo

Our thanks to Annemie Bernardo of the Forever Wellness Health & Skin Care Studio, Lourensford Estate for this awesome review of our products.

Feel free to visit the shop at the Forever Wellness Studio to purchase your serum, elixir or other Balance Cape Town Pomegrante seed oil products.

Voed jou vel met Granaatoilie 

 Wanneer essensiële olies topikaal aangewend word, word dit altyd aanbeveel om die olies te verdun met `n draer-olie. (Uitsonderings is byvoorbeeld olies soos laventel en tea tree wat oor die algemeen veilig onverdun gebruik kan word, in severe gevalle.)

Die meeste van ons is baie vertroud met `n paar draerolies soos klapper, olyfolie, jojoba en soet amandel olie. Maar die lys van moontlike draer olies wat gebruik kan word met jou essensiële olie versnitte is eintlik baie lank!

Al die verskillende olies het hul eie unieke eienskappe wat gebaseer is op die essensiële vetsure en voedingstowwe wat hulle bevat.

Granaatolie is ryk aan nutriënte en kan op verskeie maniere vir kosmetiese en mediese redes gebruik word.


Hoekom Granaatolie?

Granaatolie bevat `n seldsame vorm van linolenic vetsuur - gekonjugeerde linoleensuur (CLA), ook bekend as Punicic suur(Omega 5 vetsuur). Vernoem na die granaatboom struik (Punica granatum). Punicic suur word gevind in sy grootste konsentraat net in die granaat-saadjies en dit is wat verantwoordelik is vir die gesondheidsvoordele van die olie.

  •  Net soos die res van die vrugte, bied granaat saad olie kragtige antioksidant en anti-inflammatoriese voordele.

  •  Verhoog die vel se epidermale selvernuwing. • Herstel bestaande velskade en beskerm die vel teen sonskade.

  •  Werk veroudering teen en is daarom een van die beste bestandele in teenverouderings vogrome.

  •  Dit stimuleer kollageen produksie en hou die vel ferm. • Verminder irritasie en streel kondisies soos ekseem en sonbrand.

  •  Beskerm die vel teen daaglikse faktore soos son, wind en besoedeling.

  •  Die Punicic suur behandel en versterk ’n vel wat bloodgestel was aan radiasie en chemoterapie.

Pomegranate Complex | Nourishing Body Elixir 

Gebruike van Granaatolie:

  •  Masseer Olie: Probeer granaatolie vir die ekstra antioksidant voordele.

  •  Gesig serum: Masseer die serum in die vel in tot volledig geabsorbeer. Gebruik in aand vir die stimulering van selvernuwing. Jou vel sal jou bedank vir ’n gesonde blos in die oggend.

  • Area Spesifiek: Gebruik die serum direk op rekmerke en vel letsels tot die konsentraat volledig geabsorbeer is.

  • Lyfroom: Meng die konsentraat met jou lyfroom om ’n droë vel te verlig.

  •  Behandel ’n droë kopvel: Masseer olie in kopvel in om bloed sirkulasie te verbeter, haargroei te stimuleer en om ekseem en inflammasie te verlig.

  •  Olie behandeling vir droë hare: Gebruik as ’n warm olie behandeling op droë, krullerige hare. Ek het hierdie gebruik besonders geniet!

  •  Gebarste Hakke: Uitstekende behandeling van gebarste hakke. Onthou om ook ’n sokkie aan te trek na aanwending om vog in the seël.

  •  Nael Olie: Wend direk op nael bed aan om droë naels te behandel.

Pomegranate Complex | Regenerating Face Serum

Gesondheidsvoordele:

Onthou ook om hierdie besonderse vrug se sap te drink: Dit is ’n uitstekende bron van Vitamien C; reguleer bloedsuiker vlakke; hou jou hart gesond; bied bystand met die simptome van Alzheimer’s en verhoog metabolisme.

Watter produk word aanbeveel?

Probeer gerus ’n organiese produk wat geen chemiese preserveermiddels bevat nie en baie belangrik, nie op diere getoets is nie.

The Balance Wellness Collection - The Essence of Life vervaardig die volgende twee produkte: • Regenerating & Healing Face Serum • Nourishing Body Elixir with Rose Essential oil 

Waar kan ek die produkte koop?

Besoek gerus die volgende webtuiste: www.aboutyourlifestyle.com om kontak te maak met die naaste verspreider.

Related Articles

Leave your comment

Your email address will not be published.

Launching the Balance CleenCloth

The microfibre CleenCloth is a powerful skincare tool and removes much more than makeup. By lifting the bacteria and dirt from the skin's surface it allows your serum to penetrate and work so much better. Order your CleenCloth online in September and receive a R50 discount on your next purchase of any Balance Skincare product (excludes the Pamper Collection)
loading